Proteafees

contact Send us an e-mail
Visit our web site
venue R515 Rhino Park Pretoria / Tshwane
time Saterdag 25 April 2020 tot Maandag 27 April 2020
cost R85 by die hek / R70 aanlyn pp/per dag
Click here to buy a 3 day pass.
age All ages
find


Proteafees 2020


By Proteafees 2020 begin die pret as jy deur die hekke gaan en dit hou nie op nie voor jy in jou motor klim en huis toe ry nie!

Proteas


Oom Japie van Doornkraal Proteas bied onder andere 300 van die skaarse Wit Koning Protea plante aan. Daar is ook
30 000 verskeidenheid proteablomme, en 1 000 protea plante te koop.

Kos en Lekkernye


Daar kan heerlik gesmul word aan tradisionele eetgoed soos vetkoek, kerrie en rys, pannekoek, worsbroodjies, melkkos, pap en kaiings, poedings, hamburgers en nog meer.

Bier-en Wyntuin


Die Wyntuin (oop elke dag) en Biertuin (oop elke dag behalwe Sondag eers vanaf 11h00) bied verversings vir droë kele. Ervaar Zoerdoef se nostalgiese granadilla drankies.

Vetplant


'n Versamelaars droom, Crous Cactus bring oor die 3 000 variante! Jy kan kies en keur uit 60 000 plantjies om jou versameling ook vet uit te bou.

Varings & Bromelias


Fernhaven stel bekend eerste in Suid Afrika 'Cyathea meddularis' - die swart boomvaring vir versamelaars & konneseurs.

Diereplaas


Vet pret op die plaas… Verken die plaas diere en leer wat elkeen eet.

Kinder Pretpark


Die beste ding wat jy vir jou kinders kan doen is… gee vir hulle baie tokens! Verskeidenheid vir oud en jonk, kort of lank.

Kameel Ritte


Ek sien kamele… pak die langpad aan op ‘n kameel, as jy die heeldag tyd het.

Potjiekos Kompetisie


Ben Kruger daag alweer die hele węreld uit vir die maak van die beste pot. Miskien wil Riaan sy titel kom verdedig.

Klassieke Karre


Elke ou kar het ‘n storie… Kom parkeer jou kar en vertel jou storie.

Slange


Daar’s ‘n slang in die gras… Letterlik! Kom verken verskillende spesies slange en reptiele.

En soveel meer! Lewende vermaak!
Please say you saw this on Jozikids.


"The content of this page in so far as the marketing of goods/services is concerned, is the property of the company itself and Jozikids cannot be held responsible for the accuracy, validity or legality of the content therefore."