Pienkvoet-Pret Randburg/Sandton

view
contact Evette van den Berg
Send us an e-mail
Visit our web site
venue 90 Silverpine Avenue
Malanshof Johannesburg
view google map
time Mon: 14:30-16:00 (13-21months)
Tues:10:00-11:30 (7-12months)
14:30-16:00 (3-6months)
Wed: 10:30-12:00 13-21months)
14:30-16:00 (22-36Mnths)
Thurs:10:00-11:30 (13-21Months)
12:00-13:30 (7-12months)
cost R1350 per kwartaal / per term
age From 3 Months - 3 years old
find


Afrikaanse ontwikkelings & stimuleringsklasse vir mamma-en-babas & kleuters


Pienkvoet-Pret bied heerlike en omvattende stimulasie klasse aan wat jou kind se algehele ontwikkeling stimuleer.Die klasse word in die volgende 4 groepe ingedeel om te verseker dat ouderdom spesifieke mylpale bereik word:
- 3 - 6 maande
- 7 - 12 maande
- 13 - 21 maande
- 22 - 36 maande

Wat maak Pienkvoet-Pret so spesiaal?


Pienkvoet-Pret bied al vanaf 2000 uitstekende Afrikaanse mamma-en-baba/kleuter ontwikkelings- & stimuleringsklasse aan.

Ons doel is nie n NET om kinders te stimuleer nie:
*maar ook om 'n spesiale tyd te skep waartydens mamma en baba al
spelende nader aan mekaar groei.
*So leer hul mekaar dus beter ken en verstaan.
*Mammas kan nie wag vir hul weeklikse klasse waartydens hulle kan deel
in die opwinding en pret van hul kinders se ontwikkeling en groei nie.
*Babas kry ook die geleentheid om in 'n veilige en vriendelike omgewing
met ander kinders van hul ouderdomsgroep te sosialiseer.
*Die klasse vorm ook 'n uitstekende ondersteuningsnetwerk vir ma’s.
*Na elke uurlange klas geniet die mammas verversings terwyl die kinders
buite aktiwiteite met hul “Pienkvoet-Pret maatjies” geniet.

Wat doen ons by Pienkvoet-Pret?


Mamma woon saam met baba/kleuter weekliks 'n uur en 'n half klas by. Elke klas sluit die volgende pret aktiwiteite en oefeninge in om spesifieke vaardighede aan te leer en te bemeester:
- Groot en fyn motoriese aktiwiteite
- Perseptuele en intellektuele aktiwiteite
- Sensoriese bewustheid
- Musiek en beweging
- Luistervaardighede
- Rympies & liedjies
- Mors aktiwiteite
- Inleiding tot boeke en die kweek van liefde vir boeke
- Baba massering (3 - 6 maande)
- Storie tyd & kuns aktiwiteite vir die peuters
- Vryspel met 'n verskeidenheid opvoedkundige speelgoed (Binne)
- Vryspel met 'n verskeidenheid speelgoed en apparate vir buite
aktiwiteite (klim & klouter apparaat, sandput, hindernisbane ens)
- Sosiale ontwikkeling vir kinders en 'n sterk ondersteuningsnetwerk
vir ma's
- Kwartaalliks sprekers om ma’s se bekommernisse/vrae aan te spreek en
om inligting te verskaf

"Tell me and I forget.
Teach me and I remember.
Involve me and I learn."
– Benjamin Franklin
Die eerste klas is gratis!


Bring jou kosbare kleinding en kom vind vir jouself uit wat die Pienkvoet-Pret familie so spesiaal maak. Kinders met spesiale behoeftes is welkom.

Upcoming Events

Pienkvoet-Pret weekly classes - Every Wednesday
Click here to view event details
Please say you saw this on Jozikids.


starts 01.11.17 ends 31.01.18
1. As jy en ‘n vriendin saam aansluit vir 2018 kry julle elkeen 30% afslag op Kwartaal 1 fooi, d.w.s julle elkeen spaar R420. 2.Sluit alleen aan en kry...
print voucher

Submitted on Tuesday, 23rd May 2017 at 09:50:22 PM  
Ek en Zianté doen Pienkvoet vandat sy 'n jaar oud is. Ons geniet die klassies vreeslik en dis so lekker om vir daardie tyd net met jou baba besig te wees en te sien hoe sy opgewonde is vir elke nuwe aktiwiteit. Sy speel altyd so lekker en wil nooit huis toe gaan nie. Dit is ook lekker om met ander mammas te kuier wat deur dieselfde dinge gaan. Ek beveel dit vir elke mamma en baba aan!
Submitted on Tuesday, 21st February 2017 at 08:21:07 AM  
Sam has been going to Pienkvoet Pret for a few months. He loves the interaction with the other children and we use the little songs and rhymes we learn there to interact everyday. Evette shows so much love and support for parents that it makes it a pleasure for both of us to go to class. I would recommend each mommy to visit the class and see for themselves.
Submitted on Monday, 20th February 2017 at 07:19:15 PM  
Dis nou al my derde kleintjie wat Pienkvoetpret doen - ek kan dit (met baie ondervinding) vir almal aanbeveel! Dis 'n heerlike, ontspanne klas wat raak aan alles wat jy vir jou kindjie wil leer: 'n liefde vir musiek (dis die beste as daai gesiggie ophelder sodra hy die temaliedjie hoor!), geen grille vir sensoriese spel, en ook die oefening van groot én klein motoriese vaardighede. Selfs al is jou outjie nie lus vir klas op die dag nie, kry jy as ouer sommer baie idees oor hoe om by die huis verder te speel met alledaagse goed wat jy om jou het... Evette is fantasties daarmee om met beide die mamma én kleinding te 'connect', en seker te maak almal geniet hul gate uit terwyl mens baie goeie waarde vir jou geld kry!


November 2017
s m t w t f s
1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28 29 30
Montecasino 2017
Blue Ocean
Impak Newsletter banner
kidzville
CrackerJack Parties
The Nutty Scientist ROS
Prestige baby And Kidz Academy Waverley/Melrose-Arch
the wooden Spoon cooking school
Moving Feet Dance and Wellness School
V K Marketing
Teddy Bear's Montessori
Smilemakers
Acorn Pre-primary
kinder Theatre
Mr Magic
Day for Fantasy
Advertise with us